Weef

'n Kunswerk van Nederland wat uit 1912 dateer.

By die weefproses word 2 draadstelsels, die lengtedraad (kettingdraad) en die breedtedraad (inslagdraad), onderling loodreg gekruis. Alle lengtedrade is op 'n weefgetou naasmekaar gespan. Telkens word 'n deel van die lengtedraad gelig sodat die inslagdraad deur die skeiding wat ontstaan, getrek kan word.

Vir die deurtrek van die inslagdraad is verskillende stelsels ontwikkel waarmee die weefsnelheid aansienlik verhoog is. 'n Weefstof bestaan uit 2 draadstelsels. die kettingdraad (ook die lengtedraad of skering genoem) en die inslagdraad (die breedtedraad), wat enkele voorbewerkings ondergaan voordat hulle in die weefproses loodreg gekruis word.

- Die kettinggaring word eers uitgespoel om dit te reinig. Die vereiste hoeveelheid (lengte) word dan op ʼn garingspoel gebring en deur volgehoue spanning word swak plekke in die garing blootgelê, sodat daar tydens die weefproses geen breuke kan ontstaan nie.

- Om die kettinggaring sterker en gladder te maak, word die garings in 'n pap (meestal 'n setmeelverbinding) gedompel. In die proses word die vesels van die garingdraad aanmekaargelym en is hulle beter bestand teen die spanning en wrywing tydens die weefproses.

- Vervolgens word die aantal drade per sentimeter bepaal (kettingdigtheid). Die lengte van die kettingdraad op die kettingboom bepaal die lengte van die uiteindelike weefstof.

Soms word die inslaggaring ook gedompel, hoewel daar aan die garing minder hoë eise gestel word as aan kettinggaring.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search